11 Mei 2013. Dit is Saterdag. Dit was ‘n reënerige dag en ek moes seker
maak dat die sokkervelde vandag oop was, want dit was sokkerwedstryd dag vir
die kinders. Dané se wedstryd het 10:00 begin en Henri s’n om 11:00.
Die velde waarop die kinders moes speel was oop, so ons het
hier weggetrek . . . en Dané het haar wedstryd geniet en selfs ‘n doel vir haar
span, die Lightning Cheetas, aangeteken. Henri het gereken met al die reën wat
aan die gang was, sou hy nou rerig nie nodig gehad het om sy wedstryd te gaan
speel nie. Toe ons nou eers deur aan en af reen gery het na sy veld toe, was sy
span, die Cannonballs wel besig om ywerig te speel. So hy’t dadelik ingespring
en saam begin speel. Sy gunsteling deel van die wedstryd is die lemoene teen
halftyd. Vir Dané is dit die lekkerste om saammet haar maats agter die bal aan
te jag en doele te probeer skop.

Verder maar ‘n luierige dag met hotdogs en pizza en later
weer pasta en maalvleis met slaai.
Die kinders het onophoudelik gespeel.
Deon het my gehelp om weer vir ‘n slag ‘n woordverwerker op
die rekenaar af te laai . . . die dat ek nou weer 'n blog wil uitprobeer. Nou stoei ek net met die auto correct, want hope van my
Afrikaanse woorde word omgeskakel na Engels soos ek tik maar verder voel dit na
‘n nuwe avontuur om aan te pak. Deon was
hier besig op die rekenaar. Hy wou wel ‘n draai na Hammonasset-kampterrein ry
sodat die kinders kon gaan fietsry, maar die weer wou nie saamspeel nie.
Dis dit.
More is Moedersdag. Ons dink aan ons moeders al die hele
week. Dis so ‘n voorreg om julle te hê.